ACADEMIC  |  AKADEMIE

ACADEMIC

The learners are allocated within 5 class groups, each with a qualified teacher, as well as a tutor / class assistant. Some learners also have their own private facilitators. The class groups are very diverse and can be described as multigrade-multilevel classes. The emphasis is on self-care skills, social and communication skills, as well as perceptual-motor skills. This division spends much more time on Life Skills and Self-Care Skills than in the mainstream.

The division’s goal is to develop the learners into independent and socially acceptable citizens who can maintain themselves in society.

  • Preparatory
  • Junior Therapeutic and Senior Therapeutic
  • Intermediate
  • Deafblind and intermediate (Senior Primary)
  • Vocational (Vocational class)

The learners are exposed to the following:

  1. Holistic Approach: The learners’ academic, social, emotional, spiritual, physical, medical, socio-economical, self care are met in a nurturing environment.
  2. Self care: A self care program is followed during which the learners are exposed to activities of daily living, ranging from eating with a knife and fork, grooming (brushing teeth, washing, etc.) to using a ATM and shopping.
    The school staff is also intensely involved in self-caring and social programs in the hostels during the week.
  3. Social Skills: The goal is to enable each learner to fulfil his/her potential and to be a responsible member of society.
  4. Functional Scholastic Work: Literacy, Numeracy and Life Orientation is the main focus. A lot of teaching takes place on a one-to-one basis and each learner is treated as an individual. We work with each learner at his / her level of development.
  5. Handwork: The learners are exposed to a variety of handwork activities according to their level of functioning.
  6. Home Economics: Basic skills are taught e.g. spreading of bread, making coffee and preparing a simple meal.
  7. Vocational Skills: Basic rules of good conduct e.g. punctuality, proper form of clothing, respect, work ethics are taught.
  8. Sheltered Workshops: Learners in their final year are given the opportunity to gain work experience by attending sheltered employment two days a week.
  9. Alternative Communication: Learners who are deafblind communicate by means of finger spelling and signing. Learners with physical difficulties can do their work on the computer, or their work is transcribed (amanuensis). Learners with auditory disabilities communicate through gestures or signs.
  10. Vocational Training: The Innovation for the Blind caters to the needs of the adult visually impaired person. Further education, training, medical care, employment and accommodation are provided in a sheltered environment.

In their final year of school attendance, job preparation takes place where learners join Innovation for the Blind twice a week or at a suitable job opportunity in the private sector. The aim is to gain work experience, get to know the environment and residents, determine in which work department the learner will function best and also to get used to the work environment.

    AKADEMIE

    Die leerders word in 5 klasgroepe hanteer, elk met ‘n gekwalifiseerde onderwyseres, asook ‘n begeleier/klasassistent. Sommige leerders het ook hul eie privaat fasiliteerders. Die klasgroepe is baie uiteenlopend en kan beskryf word as multigraad-multivlak klase. Die klem lê op selfsorg vaardighede, sosiale- en kommunikasie vaardighede, sowel as perseptueel-motoriese vaardighede. Hierdie afdeling spandeer baie meer tyd aan Lewensvaardighede en Selfsorgvaardighede as in die hoofstroom.

    Die afdeling se doelwit is om die leerders te ontwikkel tot selfstandige, onafhanklike en sosiaal aanvaarbare landsburgers wat hulself kan handhaaf in die samelewing.

    • Voorbereiding
    • Junior Terapeuties en Senior Terapeuties
    • Intermediêr
    • Doofblind en intermedier (Senior primêr)
    • Beroepsopleiding (Vaardigheidsklas)

    Die leerders word aan die volgende blootgestel:

    1. Holistiese benadering: Die leerder se akademiese, maatskaplike, emosionele, geestelike, fisiese, mediese, sosio-ekonomiese en selfsorgbehoeftes word in ‘n geborge omgewing aangespreek.
    2. Selfsorg: ‘n Selfsorgprogram word gevolg waartydens die leerders aan daaglikse lewensaktiwiteite blootgestel word wat wissel van eet met ‘n mes en vurk en versorging (tande borsel, bad, ens.) tot die gebruik van ‘n OTM en inkopies doen.Die skoolpersoneel is ook gedurende die week intens betrokke by selfsorg- en sosiale programme in die koshuis.
    3. Sosiale vaardigehede: Die doel is om elke leerder te help om sy/haar potensiaal te verwesenlik en ‘n verantwoordelike lid van die samelewing te wees.
    4. Funksionele skolastiese werk: Geletterdheid, Gesyferdheid en Lewensoriëntering is die hooffokus. Baie onderrig vind op ‘n een-tot-een basis plaas en elke leerder word as ‘n individu hanteer. Daar word met elke leerder op sy/haar ontwikkelingsvlak gewerk.
    5. Handwerk: Die leerders word aan ‘n verskeidenheid handwerk-aktiwiteite blootgestel volgens hul funksioneringsvlak.
    6. Huishoudkunde: Basiese vaardighede word aangeleer, bv. smeer van brood, koffie maak en om ‘n eenvoudige maaltyd te berei.
    7. Beroepsvaardighede: Basiese reëls van professionele gedrag, bv. stiptelikheid, korrekte kleredrag, respek en werksetiek word aangeleer.
    8. Beskutte arbeid: In hul finale jaar kry leerders die geleentheid om werkservaring op te doen deur twee dae per week beskutte arbeid te verrig.
    9. Alternatiewe kommunikasie: Leerders met fisiese gestremdhede kan hul werk op die rekenaar doen of dit word getranskribeer (amanuensis). Leerders met ‘n ouditiewe inperking kommunikeer deur middel van gebare of tekens.
    10. Beroepsopleiding: Die Innovation for the Blind voorsien in die behoeftes van die volwassse visueelgestremde persoon. Verdere opvoeding, opleiding, mediese sorg, werkverskaffing en akkommodasie word voorsien in ‘n beskutte omgewing.

    In hul laaste jaar van skoolbywoning word werksvoorbereiding gedoen waar leerders twee maal per week by Innovation for the Blind inskakel of by ‘n geskikte werksgeleentheid in die privaatsektor. Die doel is om werkservaring op te doen, die omgewing en inwoners te leer ken, vas te stel in watter werksafdeling die leerder die beste sal funksioneer en ook om gewoond te raak aan die werksomgewing.

    +27 (0)23 342 2313 (T)  |  +27 (0)23 342 3959 (F)

    marketing@pioneerschool.org.za
    20 Adderley Street, Worcester, 6850

    COOKIE POLICY  |  PRIVACY POLICY  |  SOCIAL MEDIA POLICY

    PIONEER SCHOOL
    Privacy Overview

    This website may use cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.